Closing Date: 10 July 2020
Salary: R200.00 per day
KENNISGEWING NR 150/2020
Prins Albert Munisipaliteit as deel van die implementering van die Gemeenskapveiligheidsplan is van voorneme om Leerling Brandweermanne tydelik indiens te neem. Skriftelike aansoeke op die voorgeskrewe aansoekvorm, word hiermee ingewag van persone wat oor die nodige kwalifikasies en ondervinding beskik vir aanstelling as: LEERLING BRANDWEERMAN
MINIMUM VEREISTES
Graad 12
Brandbestryding 1 met Basiese Noodhulp
Moet fisies sterk en gesond wees, Moet nie vrees het vir hoogtes en beknopte spasies.
Moet bereid wees op na-ure en bystand diens te verrig
Bevoegdheid in ten minste twee van die amptelike tale van die Wes-Kaap (skryf, lees en praat)
Goeie mense verhoudings, interpersoonlike- en kommunikasievaardighede
Konflik hanteringsvaardighede
DIE VOLGENDE VEREISTES SAL IN U GUNS TEL
Brandbestryding 2, Brandbestryding 3
HAZMAT Bewusmaking, HAZMAT Operasies
Geldige Kode B Bestuurderslisensie
Een (1) jaar toepaslike ondervinding in van die sleutel prestasie areas.
Sleutel prestasie areas: Bestuur brandweer en noodvoertuie, Brandbestryding, Reddingsdienste, Skoonmaak brandweervoertuie en toerusting, Opstel van verslae vir rapportering doeleindes, Rekordhouding van inligting, Administratiewe en logistieke ondersteuning met materiaal aankope, Neem deel aan opleiding en fisiese oefensessies.
SALARIS : R 200.00 PER DAG
STATUS VAN POS : 3 MAANDE KONTRAK AANSTELLING (Gemeenskapsveiligheidsprogram)
SLUITINGSDATUM : VRYDAG, 10 JULIE 2020
Aansoeke op die voorgeskrewe aansoekvorm met gewaarmerke afskrifte van kwalifikasies en identiteitsdokument moet gerig word aan ME. DEBBY MOONEYS-PERSONEEL AFDELING, Privaatsak X53, Prince Albert, 6930, Tel. 023-5411 036, voor of op VRYDAG 10 JULIE 2020.
Prince Albert Munisipaliteit is ‘n gelyke indiensneming-werkgewer en moedig gestremdes, persone uit voorheen benadeelde groepe en veral vroue aan om aansoek te doen. Die Munisipaliteit behou die reg om geen aanstelling te maak nie. Gunswerwing sal ‘n kandidaat diskwalifiseer. Indien u nie binne 30 dae na die sluitingsdatum van die Munisipaliteit ‘n skrywe rakende die aansoek ontvang het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
Learner Fire Fighter (X2) (240.87KB) Application form (206.03KB) Last published 02 July 2020